rondte [boodskap #128982] |
Wed, 01 January 2020 20:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rondte
Afbreking: rond•te
Selfstandige naamwoord: rondte
Meervoud: rondtes
Verkleinwoord: rondtetjie
Meervoud van verkleining: rondtetjies
Betekenis:
• In 'n kring of 'n sirkel beweeg.
• Fase of beurt van 'n opeenvolgende reeks, soos 'n wedstryd of kampioenskap.
Gebruik:
• Die hond draai in die rondte om sy eie stert te probeer vang.
• Hy is in die eerste rondte van die toernooi uitgeskakel.
Spreekwoord:
• Die rondte van vader Cloete doen. [By almal aangaan en nie een oorslaan nie.]
Vertaling:
Engels: round, circle, roundness
Nederlands: rondte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|