Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kruit
kruit [boodskap #128978] Wed, 01 January 2020 19:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kruit
Afbreking: kruit


Selfstandige naamwoord: kruit
Meervoud: kruite

Betekenis:
• Plofbare mengsel in die vorm van 'n poeier bestaande uit salpeter (kaliumnitraat), swael en fyn houtskool.

Gebruik:
• Die reuk van kruit hang in die lug.

Spreekwoord:
Kruit en vuur wees. [Kwaaivriende wees.]
• Sonder kruit 'n bok skiet. ['n Flater begaan.]
• Sy kruit is nat. [Iemand kan nie sy doel bereik nie.]
• Hy is nie 'n skoot kruit werd nie. [Hy is baie min werd.]
• Jy moet jou kruit droog hou. [Jou goed voorberei vir die stryd.]

Afgelei:
• buskruit

Homofoon:
• kruid ('n plant, veral onkruid)

Vertaling:
Engels: gunpowder
Nederlands: kruit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rolspel
Volgende onderwerp: hygroman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 05:34:09 UTC 2024