Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rand
rand [boodskap #128950] Tue, 31 December 2019 12:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Een-honderd rand.
Een-honderd rand.
rand
Afbreking: rand
Uitspraak: /ˈrɐnt/


Selfstandige naamwoord: rand
Meervoud: rande

Betekenis:
• Suid-Afrika se amptelike geldeenheid.

Gebruik:
• Daar is 100 sent in een rand.
• Die broek kos 300 rand.

Afkorting:
• R

Afgelei:
• randstuk
• randverdienste
• randwaarde
• randwisselkoers

Vertaling:
Engels: rand
Nederlands: rand


Selfstandige naamwoord: rand
Meervoud: rande
Verkleinwoord: randjie
Meervoud van verkleining: randjies

Betekenis:
• Die buitekantste omtrek van 'n gebied of voorwerp; kant; grens; soom.
• (figuurlik) 'n Denkbeeldige oorgangsgrens.

Gebruik:
• Pasop dat die blik se skerp rand jou nie sny nie.
• Hy is op die rand van die graf. Sy is op die rand van bankrotskap.

Afgelei:
• randeier
• randstandig
• randsteek
• randsteen
• randstrook
• randversiering

Homofoon:
• rant (klipperige hoogte)

Vertaling:
Engels: edge, border, brim
Nederlands: rand

Nota:
• Rand (met 'n hoofletter R) is 'n afkorting vir die Witwatersrand.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onselfsugtig
Volgende onderwerp: rangskik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 04:12:21 UTC 2024