Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pyp
pyp [boodskap #128933] Ma, 30 Desember 2019 18:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Pype
Pype
pyp
Afbreking: pyp
Uitspraak: /pəip/


Selfstandige naamwoord: pyp
Meervoud: pype
Verkleinwoord: pypie
Meervoud van verkleining: pypies

Betekenis:
• 'n Lang, hol, silindriese buis waardeur vloeistof of gas vloei.
• Toestel waarmee mens tabak rook; tabakpyp; rookpyp.
• Enige ander voorwerp wat aan 'n pyp herinner (soos 'n orrelpyp of broekspyp).

Gebruik:
• Die pyp moet reggemaak word want hy lek.
• Die man rook 'n pyp?
• Sy ma moes sy broek se pyp stop.

Spreekwoord:
• Murg in jou pype hê. [Sterk en moedig wees.]
• Dis nie 'n pyp twak werd nie. [Niks werd nie.]
• Hy kan nie die pyp rook nie. [Hy kan nie in die doel slaag nie.]

Hiponiem:
• lugpyp
• oliepyp
• rioolpyp
• waterpyp

Afgelei:
• pypleiding

Vertaling:
Engels: pipe, tube
Nederlands: pijp


Werkwoord: pyp
Verlede tyd: het gepyp

Betekenis:
• 'n Vloeistof of gas per pyp gelei.

Gebruik:
• Aardgas word in Europa na huise gepyp om hulle wonings te verhit.

Vertaling:
Engels: to pipe
Nederlands: pijpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: put
Volgende onderwerp: raai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 13:29:40 MGT 2024