potlood [boodskap #128917] |
Ma, 30 Desember 2019 12:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
potlood
Afbreking: pot•lood
Samestelling: pot + lood
Uitspraak: /ˈpotluə̯t/
Selfstandige naamwoord: potlood
Meervoud: potlode
Verkleinwoord: potloodjie
Meervoud van verkleining: potloodjies
Betekenis:
• 'n Instrument wat 'n mens gebruik om mee te skryf en te teken; skryfinstrument van grafiet in 'n houthuls.
Gebruik:
• Skryf met 'n potlood en gebruik jou uitveër om regstellings te maak.
• My potlood is stomp, het jy 'n skerpmaker?
Hiponiem:
• inkleurpotlood
• kleurpotlood
Afgelei:
• potloodaantekening
• potlooddikte
• potloodlyn
• potloodpunt
• potloodskerpmaker
• potloodskets
• potloodskrif
• potloodstreep
• potloodtekening
Spelfout:
• podlood
Vertaling:
Engels: pencil
Nederlands: potlood
Venda: penisela
Zoeloe: ipensele
Werkwoord: potlood
Verlede tyd: het gepotlood
Betekenis:
• Met 'n potlood invryf of inkleur.
Gebruik:
• Sy potlood 'n tekening in haar inkleurboek.
Vertaling:
Engels: to pencil
Nederlands: potloden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|