Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » positief
positief [boodskap #128914] Mon, 30 December 2019 06:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
positief
Afbreking: po•si•tief
Uitspraak: /puə̯səˈtif/


Byvoeglike naamwoord: positief
Vergrotende trap: positiewer
Oortreffende trap: positiefste
Attributief: positiewe

Betekenis:
• Vir iets ja sê; bevestigend reageer.
• Om altyd aan die goeie en maklike kant van iets dink.

Gebruik:
• Die meneer het positief geantwoord toe ons vra of ons in sy periode huiswerk kan doen.
• Sy bly positief, ten spyte van haar omstandighede.

Antoniem:
• negatief

Verwant:
• positiwiteit

Vertaling:
Engels: positive, sure
Nederlands: positief


Selfstandige naamwoord: positief
Meervoud: positiewe

Betekenis:
• Afdruk van 'n foto.
• 'n Bevestiging.

Gebruik:
• Ontwikkel vir my 'n positief van hierdie foto se negatief.
• Ons het gevra, en dit was 'n positief!

Vertaling:
Engels: positive
Nederlands: positief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: posbus
Volgende onderwerp: swelgery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 04:48:58 UTC 2024