passie [boodskap #128889] |
Sun, 29 December 2019 07:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
passie
Afbreking: pas•sie
Selfstandige naamwoord: passie
Meervoud: passies
Verkleinwoord: passietjie
Meervoud van verkleining: passietjie
Betekenis:
• 'n Saak wat mens na aan die hart lê. Iets wat mens ernstig oor voel en enige iets voor sal doen.
• 'n Klein pas: klein deurgang (soos 'n bergpassie), kort tree (treetjie) of beweging as mens dans (danspassie).
Gebruik:
• Hy het 'n passie vir ou karre.
• Die dans bestaan uit verskeie moeilike passies.
Spreekwoord:
• As die jakkals die passie preek, moet die boer sy ganse oppas. ['n Skelm se vroom praatjies maak 'n mens agterdog.]
Sinoniem:
• drif
• hartstog
• patos
• sug
Afgelei:
• passievol
Vertaling:
Engels: passion, craze; step, pace, pass
Nederlands: passie; pasje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|