partytjie [boodskap #128886] |
Sa, 28 Desember 2019 19:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20800 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
partytjie
Afbreking: par•ty•tjie
Selfstandige naamwoord: party
Meervoud: partye
Verkleinwoord: partytjie
Meervoud van verkleining: partytjies
Betekenis:
• Verkleinwoord van party.
• 'n Geleentheid waar daar geëet en gekuier word.
Gebruik:
• Dit help nie om vir 'n klein partytjie te stem nie.
• Die partytjie begin 7 uur, ons gaan lekker dans en kuier.
Hiponiem:
• oorslaappartytjie
• skemerpartytjie
• skoffelpartytjie
• straatpartytjie
• teepartytjie
• verrassingspartytjie
• vrouepartytjie
Afgelei:
• partytjiegangers
• partytjiegees
• partytjiehoed
• partytjiekoek
• partytjiekoors
• partytjiekos
• partytjiemaats
Vertaling:
Engels: party
Nederlands: partijtje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|