pak [boodskap #128874] |
Sat, 28 December 2019 07:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pak
Afbreking: pak
Selfstandige naamwoord: pak
Meervoud: pakke
Verkleinwoord: pakkie
Meervoud van verkleining: pakkies
Betekenis:
• 'n Hoeveelheid wat 'n geheel vorm; klomp dinge wat bymekaar gepak is.
• 'n Broek en baadjie, gewoonlik vir 'n man.
• Verloor of 'n drag slae kry.
Gebruik:
• Daar is 'n hele pak vraestelle op my tafel wat gemerk moet word.
• Hy trek sy netjiese pak vir die onderhoud aan.
• Die stout seun kort 'n goeie pak.
Spreekwoord:
• 'n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt. ['n Kind moet gereeld gestraf word.]
• Sak en pak weg. [Met alles wat 'n mens besit, vertrek.]
Afgelei:
• aandpak
• dineepak
• pakdier
• pakdonkie
• pakhuis
• pakplek
Vertaling:
Engels: pack, stack, bundle; suit, outfit; beating, hiding
Nederlands: pak
Werkwoord: pak
Verlede tyd: het gepak
Teenwoordige deelwoord: pakkende
Betekenis:
• Goed in 'n houer plaas; inpak.
• In die hande neem; gryp; toetakel.
Gebruik:
• Pak jou tas.
• Hulle het die dief gepak en hom uit die winkel gegooi.
Spreekwoord:
• Die bul by die horings pak. [Iets moeiliks dadelik aanpak.]
• Dis nie 'n kat om sonder handskoene aan te pak nie. [Dis 'n geval waar 'n mens altyd gereed moet wees om te veg of aan te val.]
Vertaling:
Engels: to pack
Nederlands: pakken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|