Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » padda
padda [boodskap #128873] Fri, 27 December 2019 20:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Padda.
'n Padda.
padda
Afbreking: pad•da


Selfstandige naamwoord: padda
Meervoud: paddas
Verkleinwoord: paddatjie
Meervoud van verkleining: paddatjies

Betekenis:
• 'n Koudbloedige, stertlose reptiel (uit die klas van amfibieë) met vier pote wat spring en kwaak.

Gebruik:
• Die brulpadda is Suid-Afrika se grootste padda en kan tot 20 cm lank word.

Spreekwoord:
• Hy het 'n padda in sy keel. [Hy is hees.]
• Hy is 'n opgeblaasde padda. [Baie verwaand.]
• Hy wil vere van 'n padda pluk. [Om iets onmoontlik te probeer doen.]
• So waar as padda manel dra. [Uitdrukking ter versterking van iets wat gesê word.]

Sinoniem:
• kikvors
• kikker

Wisselvorm:
• parra (informeel)

Hiponiem:
• boompadda
• brulpadda
• skurwepadda

Afgelei:
• padda-eier
• paddakonsert
• paddakoor
• paddaplaag
• paddaslagter
• paddavis
• paddavreter

Vertaling:
Engels: frog
Nederlands: kikker, kikvors

Nota:
• Versamelnaam: skool paddas.
• Daar word soms onderskeid getref tussen paddas (frogs) en skurwepaddas (toads).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paadjie
Volgende onderwerp: pak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 05:35:47 UTC 2024