ouditeur [boodskap #128870] |
Fri, 27 December 2019 17:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ouditeur
Afbreking: ou•di•teur
Selfstandige naamwoord: ouditeur
Meervoud: ouditeure, ouditeurs
Verkleinwoord: ouditeurtjie
Meervoud van verkleining: ouditeurtjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat maatskappye se geld kontroleer en beheer. Iemand wat 'n firma se boeke nagaan.
Gebruik:
• Die ouditeur oudit die finansiële rekords, en spreek dan 'n mening daaroor uit in sy ouditverslag.
Afgelei:
• ouditeur-generaal
• ouditeursfirmas
• ouditeursmaatskappy
• ouditeursverslag
Vertaling:
Engels: auditor
Nederlands: auditor, controleur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|