optrede [boodskap #128857] |
Fri, 27 December 2019 06:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
optrede
Afbreking: op•tre•de
Selfstandige naamwoord: optrede
Meervoud: optredes
Verkleinwoord: optredetjie
Meervoud van verkleining: optredetjies
Betekenis:
• Die manier waarop iemand iets doen.
• Kunssinnige verskyning voor die publiek, soos 'n opvoering by 'n konsert.
Gebruik:
• Sy positiewe optrede ten spyte van sy omstandighede is 'n riem onder die hart.
• Sonja Harold se optrede was fantasties gewees.
Vertaling:
Engels: behaviour, conduct; appearance, performance
Nederlands: optreden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|