onseker [boodskap #128817] |
Tue, 24 December 2019 17:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onseker
Afbreking: on•se•ker
Byvoeglike naamwoord: onseker
Vergrotende trap: onsekerder
Oortreffende trap: onsekerste
Attributief: onsekere
Betekenis:
• As die afloop nie seker is nie; as daar twyfel oor iets bestaan.
Gebruik:
• Ons leef in 'n onseker wêreld en tyd.
Spreekwoord:
• Tussen lip en beker lê groot onseker. [Op die laaste oomblik kan sake nog 'n wending neem.]
Sinoniem:
• onwis
Antoniem:
• seker
Vertaling:
Engels: uncertain, unsure, in two minds
Nederlands: onzeker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|