Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onmiddellik
onmiddellik [boodskap #128815] Tue, 24 December 2019 16:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
onmiddellik
Afbreking: on•mid•del•lik


Bywoord: onmiddellik

Betekenis:
• Nou dadelik en nie later nie; sonder uitstel.
• Direk en sonder draaie.

Gebruik:
• Ek gaan onmiddellik vir ons koffie opsit.
• Die gang lei onmiddellik na die straat.

Vertaling:
Engels: immediate; direct
Nederlands: onmiddellijk


Byvoeglike naamwoord: onmiddellik
Attributief: onmiddellike

Betekenis:
• Dadelik of direk.

Gebruik:
• "Ongetwyfeld!" is haar onmiddellike antwoord.

Sinoniem:
• dadelik
• meteens
• onverwyld
• oombliklik
• regstreeks
• summier
• terstond

Antoniem:
• later

Afgelei:
• onmiddellikheid

Spelfout:
• onmiddelik
• onmidellik

Vertaling:
Engels: immediately; directly
Nederlands: onmiddellijk

Nota:
• Let op: "Onmiddellik" word met twee d’s en twee l’e gespel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongeluk
Volgende onderwerp: onmoontlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 05:22:16 UTC 2024