ongeluk [boodskap #128814] |
Di, 24 Desember 2019 16:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongeluk
Afbreking: on•ge•luk
Selfstandige naamwoord: ongeluk
Meervoud: ongelukke
Verkleinwoord: ongelukkie
Meervoud van verkleining: ongelukkies
Betekenis:
• Iets slegs wat met iemand gebeur. 'n Onvoorsiene gebeurtenis met negatiewe en soms selfs fatale gevolg.
• Sonder dat dit die bedoeling was; onopsetlik; per abuis.
Gebruik:
• Die ongeluk op die kruispunt het drie mense se lewens geëis.
• Hy het per ongeluk die glas laat val.
Spreekwoord:
• Vir die ongeluk gebore wees. [Besonder teenspoedig wees.]
• Iemand in die ongeluk stort. [Iemand ten gronde laat gaan.]
• 'n Ongeluk kom nooit alleen nie. [Een ongeluk word meestal deur 'n ander gevolg.]
• Daar is altyd geluk by die ongeluk. [Selfs in die ergste teenspoed is daar iets waarvoor 'n mens dankbaar moet wees.]
Sinoniem:
• ongeval
• ramp
• teëslag
• teëspoed
Antoniem:
• geluk
Hiponiem:
• busongeluk
• motorongeluk
• tref-en-trap-ongeluk
• treinongeluk
• vliegtuigongeluk
Afgelei:
• ongelukkig
• ongeluksvoël
• verongeluk
Vertaling:
Engels: misfortune, ill-luck; accident, mishap
Nederlands: ongeluk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|