Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saad
saad [boodskap #128809] Tue, 24 December 2019 13:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sade aan 'n koringaar.
Sade aan 'n koringaar.
saad
Afbreking: saad


Selfstandige naamwoord: saad
Meervoud: sade
Verkleinwoord: saadjie
Meervoud van verkleining: saadjies

Betekenis:
• Deel van 'n plant wat versprei en ontkiem om 'n nuwe plant te vorm.
• Saadselle van die manlike geslagsorgaan.

Gebruik:
Sade is klein embrioniese plante omhul in 'n bedekking bekend as 'n saadhulsel, gewoonlik met gestoorde voedsel vir wanneer dit ontkiem.
• Die koeie is deur kunsmatige inseminasie met die saad van 'n stoetbul bevrug.

Spreekwoord:
• Hy saai kwaad saad. [Probeer om moeilikheid te veroorsaak.]

Afgelei:
• saadagtig
• saadakker
• saadbakkie
• saadbal
• saadbank
• saadbed
• saadblom
• saadbol
• saadbuis
• saaddoos
• saaddop
• saaddraend
• saaddraer
• saadeter
• saadgras
• saadhandel
• saadhouer
• saadhuid
• saadhuis
• saadkern
• saadkiem
• saadknop
• saadkop
• saadkorrel
• saadliggaam
• saadlob
• saadloos
• saadlyn
• saadmantel
• saadnavorsing
• saadolie
• saadomhulsel
• saadpeul
• saadplant
• saadpluim
• saadpluis
• saadproduserende
• saadsaaier
• saadsakkie
• saadsel
• saadskiet
• saadsoort
• saadsteel
• saadstorting
• saadverdeling
• saadverspreiding
• saadvlies
• saadvog
• saadvorming
• saadvreters
• saadvry
• saadwinning
• voëlsaad

Vertaling:
Engels: seed
Nederlands: zaad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderste
Volgende onderwerp: voëlvry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 06:15:13 UTC 2024