oefening [boodskap #128786] |
Sun, 22 December 2019 08:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oefening
Afbreking: oe•fe•ning
Selfstandige naamwoord: oefening
Meervoud: oefeninge
Verkleinwoord: oefeninkie
Meervoud van verkleining: oefeninkies
Betekenis:
• 'n Toets om die kennisvlak te peil.
• Die handeling van of die geleentheid wanneer iemand oefen.
Gebruik:
• Die oefening was heelwat moeiliker as wat ek verwag het.
• Hy het sy voet tydens die oefening verstuit.
Spreekwoord:
• Oefening maak die meester. [Deur oefening leer 'n mens.]
Afgelei:
• invuloefening
• gevegsoefening
• godsdiensoefening
• maagoefening
• rugbyoefening
• sokkkeroefening
• strekoefening
• taaloefening
• wapenoefening
Afkorting:
• oef.
Vertaling:
Engels: practice, exercise, training
Nederlands: oefening
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|