Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nuuskierig
nuuskierig [boodskap #128783] So., 22 Desember 2019 08:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24909
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nuuskierig
Afbreking: nuus•kie•rig


Byvoeglike naamwoord: nuuskierig
Vergrotende trap: nuuskieriger
Oortreffende trap: nuuskierigste
Attributief: nuuskierige
Partitief: nuuskieriges
Intensief: aartsnuuskierig, doodnuuskierig

Betekenis:
• Wat gretig is om te leer en meer uit te vind; verlang om alles te weet of waar te neem.

Gebruik:
• Ek is nuuskierig om te weet of daar 'n man in die maan is.
• Hy was 'n intelligente en nuuskierige kind wat op 'n baie jong ouderdom leer lees en skryf het.

Spreekwoord:
• Hy is 'n nuuskierige agie. [Hy is baie weetgierig.]
Nuuskierige agie kry 'n pyn op sy magie!

Vergelyking:
• So nuuskierig soos 'n aap.

Sinoniem:
• leergierig
• vraagsiek
• weetgierig

Antoniem:
• ongeïnteresseerd

Afgelei:
• nuuskierigheid

Vertaling:
Engels: curious, inquisitive, nosey
Nederlands: nieuwsgierig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nuus
Volgende onderwerp: Nuwejaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Apr. 21 18:53:11 UTC 2026