| beurtkrag [boodskap #128780] |
So., 22 Desember 2019 07:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beurtkrag
Afbreking: beurt•krag
Samestelling: beurt + krag
Selfstandige naamwoord: beurtkrag
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Vooraf gereelde kragonderbreking. Die geskeduleerde afskakel van elektrisiteit na bepaalde gebiede as daar te min krag opgewerk word sodat die hele netwerk nie ineenstort nie.
Gebruik:
• Met beurtkrag wat Suid-Afrikaners weer behoorlik in 'n wurggreep het, laat die naam 'Eskom' talle se bloed kook.
Sinoniem:
• lasafwerping
Vertaling:
Engels: load shedding
Nederlands: lastafschakeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|