| nommer [boodskap #128777] |
Sa., 21 Desember 2019 20:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25091 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nommer
Afbreking: nom•mer
Selfstandige naamwoord: nommer
Meervoud: nommers
Verkleinwoord: nommertjie
Meervoud van verkleining: nommertjies
Betekenis:
• 'n Syfer as deel van 'n reeks; getalmerk.
• 'n Reeks getalle wat mens skakel wanneer jy iemand bel; foonnommer.
Gebruik:
• Hy is nommer drie in die ry. Sy dra 'n nommer vyf skoen.
• Sy skryf haar nommer vir hom op 'n servet neer.
Hiponiem:
• bankrekeningnommer
• enjinnommer
• erfnommer
• faksnommer
• huistelefoonnommer
• identiteitsnommer
• inkomstebelastingnommer
• kieserslysnommer
• klasnommer
• kredietkaartnommer
• mediesefondsnommer
• motorregistrasienommer
• noodnommer
• paspoortnommer
• pensioenfondsnommer
• reeksnommer
• selfoonnommer
• siklusnommer
• telefoonnommer
• vlugnommer
• volgnommer
• vraagnommer
Afgelei:
• nommering
• nommerorde
• nommerpaal
• nommerpas
• nommerplaat
• nommerskyf
Afkorting:
• nr.
• no.
Vertaling:
Engels: number
Nederlands: nummer
Werkwoord: nommer
Verlede tyd: het genommer
Verlede deelwoord: genommerde
Betekenis:
• Om van nommers te voorsien; 'n unieke getal aan iets heg, gewoonlik in oplopende rangorde.
Gebruik:
• Sy nommer die stoele.
Vertaling:
Engels: to number
Nederlands: nummeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|