Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nek
nek [boodskap #128766] Sa, 21 Desember 2019 08:54
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20800
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kameelperd het 'n lang nek.
'n Kameelperd het 'n lang nek.
nek
Afbreking: nek


Selfstandige naamwoord: nek
Meervoud: nekke
Verkleinwoord: nekkie
Meervoud van verkleining: nekkies

Betekenis:
• Die deel van 'n mens of dier wat die kop met die res van die lyf verbind.
• Deel van 'n kledingstuk waardeur 'n mens se nek pas.
• Deel van 'n voorwerp wat dunner is as die res.

Gebruik:
• Sy dra 'n pragtige string pêrels om haar nek. My nek is seer.
• Die hemp se nek is te nou.
• Die bottel se nek het gebreek.

Spreekwoord:
• Deur jou nek betaal. [Baie duur betaal.]
• Deur jou nek praat. [Onsin praat.]
• Die duiwel sit agter sy nek. [Hy is nukkerig.]
• Die strop om die nek hê. [In die moeilikheid wees; skertsend gesê van 'n pasgetroude.]
• Dis 'n klip om my nek. [Dis vir jou 'n las.]
• Dit is soos 'n albatros om sy nek. [Dit belemmer vooruitgang.]
• Hy breek my nek. [Iemand ruïneer.]
• Hy het 'n dik nek. [Hy is hoogmoedig.]
• Iemand die nek vol lieg. [Iemand deeglik belieg.]
• Iemand met die nek aankyk. [Hom nie groet nie.]
• 'n Hen wat kraai word nek omgedraai. ['n Berisping aan meisies wat fluit.]
• n Meulsteen om iemand se nek wees. [n Las, 'n probleem wees.]
• Op iemand se nek lê. [Iemand onkoste en ongerief veroorsaak.]
• Sy nek is in die strop. [Hy is getroud.]

Afgelei:
• nek-af
• nekstut

Vertaling:
Engels: neck
Nederlands: nek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: negatief
Volgende onderwerp: nêrens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 07:06:59 MGT 2024