Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » neer
neer [boodskap #128762] Sa., 21 Desember 2019 08:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24152
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
neer
Afbreking: neer


Bywoord: neer

Betekenis:
• Wat na onder beweeg; in 'n benedewaartse rigting gaan.

Gebruik:
• Hy val op sy knieë neer om haar die hand te vra.

Spreekwoord:
• Hy lê die rieme neer. [Weghardloop.]
• Ons dade kom op ons koppe neer. [Ons moet die gevolge van ons dade dra.]

Sinoniem:
• omlaag
• plat

Afgelei:
• neerbring
• neerbuig
• neerbuk
• neerdaal
• neerdônner
• neerdruk
• neerkniel
• neerkom
• neerkyk
• neerlaat
• neerlê
• neerpen
• neerplaas
• neerplak
• neersak
• neersit
• neerskryf
• neerval

Vertaling:
Engels: down
Nederlands: neer

Nota:
• Die woord word vooraan werkwoorde gebruik om aan te dui dat die aksie in die rigting van die grond plaasvind.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: neef
Volgende onderwerp: neersit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 06:59:10 UTC 2025