natuurbewaring [boodskap #128760] |
Sa, 21 Desember 2019 07:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
natuurbewaring
Afbreking: na•tuur•be•wa•ring
Samestelling: natuur + bewaring
Selfstandige naamwoord: natuurbewaring
Meervoud: –
Betekenis:
• Pogings van die mens om die plante en diere te beskerm en op te pas; aktiwiteite om die natuurlike omgewing in sy oorspronklike toestand te behou.
Gebruik:
• Die hoofdoel van natuurbewaring is om voorsiening te maak vir die sorgvuldige bewaring en die oordeelkundige benutting van fauna, flora en natuurlike hulpbronne tot voordeel van die huidige en toekomstige geslagte.
Antoniem:
• natuurvernietiging
Vertaling:
Engels: nature conservation
Nederlands: natuurbescherming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|