Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nael
nael [boodskap #128754] Fri, 20 December 2019 06:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vingernaels.
Vingernaels.
'n Naeltjie.
'n Naeltjie.
nael
Afbreking: na•el


Selfstandige naamwoord: nael
Meervoud: naels
Verkleinwoord: naeltjie
Meervoud van verkleining: naeltjies

Betekenis:
• Harde dop aan die einde van vingers en tone; horingagtige bedekking op die voorste lit van 'n vinger of toon.
• Klein holtetjie in die middel van van die maag; nawel op die buik, die litteken van die naelstring (gewoonlik in verkleiningsvorm).

Gebruik:
• Sy nael is potblou nadat hy sy vinger in die deur toegeslaan het. Moenie jou naels byt nie.
• Haar bloes is so kort dat haar naeltjie uitsteek.

Spreekwoord:
• Hy het nie 'n nael om hom mee te krap nie. ['n Arme sukkelaar wees.]

Hiponiem:
• vingernael
• toonnael

Afgelei:
• naelknipper
• naelmaantjie
• naelpolitoer
• naelskêr
• naelvou
• naelvyl

Vertaling:
Engels: nail; navel, bellybutton
Nederlands: nagel


Werkwoord: nael
Verlede tyd: het genael

Betekenis:
• (formeel) Vinnig hardloop.
• Met 'n spyker heg; vaskap.

Gebruik:
• Sy nael om die atletiekbaan.
• Toe nael hy sy besware aan die kerk se deur vas.

Spreekwoord:
• Hy het laat nael. [Vinnig weggehardloop.]

Vertaling:
Engels: to sprint, race; to nail
Nederlands: nagelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: naald
Volgende onderwerp: nagereg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 18:45:57 UTC 2024