Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mos
mos [boodskap #128701] So, 15 Desember 2019 07:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mos
Afbreking: mos
Uitspraak: /mɔs/


Bywoord: mos

Betekenis:
• Bevestiging as mens dink die persoon met wie jy praat weet waaroor dit gaan.

Gebruik:
• Jy weet mos.
• Hy gaan mos saam?
• Ek het jou mos gesê dit gaan gebeur.

Sinoniem:
• inderdaad
• immers
• tog

Vertaling:
Engels: indeed, at least, isn't it?, you know?
Nederlands: immers, toch

Mos wat teen 'n boomstam groei.
Mos wat teen 'n boomstam groei.

Selfstandige naamwoord: mos
Meervoud: mosse
Verkleinwoord: mossie
Meervoud van verkleining: mossies

Betekenis:
• (plantkunde) 'n Primitiewe sporeplant.
• Gegiste druiwesap met die doppe.

Gebruik:
Mos groei gewoonlik in digte trosse of matte in klam plekke of in skaduwee.
• Die geparste druiwe en hul sap staan bekend as mos.

Afgelei:
• mosbolletjies
• moskonfyt

Vertaling:
Engels: moss; must
Nederlands: mos; most

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mors
Volgende onderwerp: moskonfyt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 13:27:27 MGT 2024