mors [boodskap #128700] |
Sun, 15 December 2019 07:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mors
Afbreking: mors
Werkwoord: mors
Verlede tyd: het gemors
Teenwoordige deelwoord: morsende
Betekenis:
• Iets vuil maak.
• Iemand sleg behandel.
• Hulpbronne onnodig verkwis (soos geld op onbenullighede uitgee).
Gebruik:
• Hy mors rooiwyn op sy wit hemp.
• Sy mors met hom.
• Die maatskappy kan darem geld mors.
Spreekwoord:
• Jou asem mors. [Tevergeefs oor iets praat.]
Sinoniem:
• besmeer
• besoedel
• bevuil
• verkwis
• verspil
• vuilmaak
Afgelei:
• morsig
• morsjors
• vermors
Vertaling:
Engels: to make a mess, spill; to waste
Nederlands: morsen
Bywoord: mors
Betekenis:
• Totaal en al (as woorddeel: morsaf, morsdood, ens.)
Gebruik:
• Hy is morsdood.
Vertaling:
Engels: totally
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|