Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » monster
monster [boodskap #128699] So., 15 Desember 2019 07:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24728
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Een-oog monster.
'n Een-oog monster.
monster
Afbreking: mon•ster


Selfstandige naamwoord: monster
Meervoud: monsters
Verkleinwoord: monstertjie
Meervoud van verkleining: monsterjies

Betekenis:
• 'n Skrikwekkende wese; karakter in sprokies of verhale wat lelik is en vir wie mense bang is.
• (figuurlik) 'n Persoon wat lelik lyk of lelik optree.
• 'n Klein hoeveelheid van 'n groter massa vir toetsing of om te wys hoe iets werk.

Gebruik:
• Die monster in die storie eet klein kindertjies. Hy is bang vir die monster onder sy bed.
• Ons onderwyser is 'n regte monster.
• Ek het 'n paar monsters geneem om te ontleed.

Sinoniem:
• gedrog
• ondier
• steekproef

Hiponiem:
• handmonster
• seemonster
• bloedmonster
• kontrolemonster
• urinemonster
• watermonster

Afgelei:
• monsteragtig

Vertaling:
Engels: monster, freak; sample
Nederlands: monster

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mondfluitjie
Volgende onderwerp: mors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Apr. 01 01:22:59 UTC 2026