moeg [boodskap #128696] |
Sa, 14 Desember 2019 19:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
moeg
Afbreking: moeg
Byvoeglike naamwoord: moeg
Vergrotende trap: moeër
Oortreffende trap: moegste
Attributief: moeë
Intensief: doodmoeg, hondmoeg, lewensmoeg
Betekenis:
• Nie krag om aan te gaan nie.
• Nie meer lus vir iets nie.
Gebruik:
• Die mynwerker is moeg gewerk en die sweet drup van hom af.
• Ek is moeg vir jou alewige klaery.
Spreekwoord:
• Hy is moeg gebore. [Iemand is baie lui.]
• Sy is moeg geploeg. [Moeg van sukkel.]
Vergelyking:
• So moeg soos 'n hond.
Sinoniem:
• afgemat
• opgebruik
• pootuit
• uitgeput
• vermoeid
• sat
Antoniem:
• uitgerus
Afgelei:
• moeggebore
• moegheid
Vertaling:
Engels: fatigued, exhausted, tired, weary
Nederlands: moe, vermoeid, zat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|