modern [boodskap #128693] |
Sa, 14 Desember 2019 19:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20800 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
modern
Afbreking: mo•dern
Byvoeglike naamwoord: modern
Vergrotende trap: moderner
Oortreffende trap: modernste
Attributief: moderne
Partitief: modernes
Intensief: ultramodern, hipermodern, kraakmodern
Betekenis:
• Op hoogte van wat nou gebeur. Volgens die nuutste modes en geite.
Gebruik:
• Die hotel is baie luuks en modern.
Sinoniem:
• byderwets
• nuwerwets
• hedendaags
• eietyds
Antoniem:
• antiek
• klassiek
• outyds
• ouderwets
• verouderd
Afgelei:
• modernisasie
Vertaling:
Engels: modern, fashionable
Nederlands: modern
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|