Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » merk
merk [boodskap #128687] Sa., 14 Desember 2019 11:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24152
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
merk
Afbreking: merk


Selfstandige naamwoord: merk
Meervoud: merke
Verkleinwoord: merkie
Meervoud van verkleining: merkies

Betekenis:
• 'n Vlek of kol op iets of iemand.
• 'n Kenteken ter identifikasie.

Gebruik:
• Na die ongeluk het hy 'n lelike merk op sy gesig.
• Die boer bring sy merk op die beeste aan.

Hiponiem:
• boekmerk
• brandmerk
• duimmerk
• geboortemerk
• fabrieksmerk
• handelsmerk
• hoogtemerk
• kenmerk
• laagwatermerk
• nulmerk
• onderskeidingsmerk
• skandmerk
• krapmerk
• tydmerk
• verfmerk
• waarmerk
• wondmerk
• ykmerk

Afgelei:
• merkbaar
• merkblad
• merker
• merking
• merkkryt
• merkmes
• merkteken
• merkvloeistof
• merkwaardig
• merkwerk
• merkyster

Vertaling:
Engels: mark, scar; sign, token
Nederlands: merk


Werkwoord: merk
Verlede tyd: het gemerk
Verlede deelwoord: gemerkte

Betekenis:
• Om 'n vlek of kol op iets te sit.
• Om iets raak te sien of op te merk.
• Om aan te dui of vrae reg of verkeerd beantwoord is.

Gebruik:
• Sy ma merk al sy klere, sodat hy dit nie verloor nie.
• Ek merk dat jy jou hare gesny het.
• Die juffrou merk die kinders se vraestelle.

Spreekwoord:
• Hy merk onraad. [Gevaar vermoed.]

Vertaling:
Engels: to mark, observe, notice
Nederlands: merken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: menslik
Volgende onderwerp: mes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 19 23:48:33 UTC 2025