meng [boodskap #128683] |
Sat, 14 December 2019 08:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meng
Afbreking: meng
Werkwoord: meng
Verlede tyd: het gemeng
Betekenis:
• Om goed saam te roer of saam te skud; om twee of meer dinge te homogeniseer.
Gebruik:
• As mens geel en rooi meng, kry jy oranje.
Spreekwoord:
• Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou. [As jy met slegte geselskap omgaan, word jy ook sleg.]
Antoniem:
• skei
Afgelei:
• mengbak
• menger
• menging
• mengsel
• mengmasjien
• mengmiddel
• mengelmoes
Vertaling:
Engels: to mix, blend
Nederlands: mengen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|