meneer [boodskap #128682] |
Sa, 14 Desember 2019 08:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meneer
Afbreking: me•neer
Selfstandige naamwoord: meneer
Meervoud: menere
Verkleinwoord: meneertjie
Meervoud van verkleining: meneertjies
Betekenis:
• Formele aanspreekvorm vir 'n man.
• 'n Man wat 'n onderwyser is.
Gebruik:
• Goeiemôre meneer, hoe kan ek u help?
• Ons meneer deel alte graag huiswerk uit.
Spreekwoord:
• Meneer voor en meneer agter. [Gesê as iemand oordrewe beleef is.]
• Ek meneer en jy meneer, wie sal dan die wa smeer. [Wie sal die handewerk doen as almal geleerd is.]
Antoniem:
• juffrou
• mevrou
Afkorting:
• mnr.
Vertaling:
Engels: mister, gentleman, sir
Nederlands: meneer
Nota:
• Afkomstig van die Middelnederlandse "mijnhere", letterlik "my" + "heer".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|