Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maer
maer [boodskap #128663] Do, 12 Desember 2019 20:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vet en maer.
Vet en maer.
maer
Afbreking: maer


Byvoeglike naamwoord: maer
Vergrotende trap: maerder
Oortreffende trap: maerste
Attributief: maer
Intensief: brandmaer, biltongmaer, doodmaer, plankmaer, seningmaer, vrekmaer

Betekenis:
• Dun en met weinig vet.
• (figuurlik) Arm; finansieel sleg af.

Gebruik:
• Ná die droogte was die diere baie maer.
• Ons gaan nou deur maer jare.

Vergelyking:
• So maer soos 'n kraai.

Sinoniem:
• dun
• skraal
• vetvry

Antoniem:
• dik
• geset
• vet

Afgelei:
• maere
• maergat
• maermaakpil
• maermerrie
• vermaer

Homofoon:
• maar (voegwoord om twee sindele te verbind)

Vertaling:
Engels: skinny, lean, fatless, thin
Nederlands: mager

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maat
Volgende onderwerp: mak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 06:56:49 MGT 2024