Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lemoen
lemoen [boodskap #128635] Tue, 10 December 2019 15:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Lemoene
Lemoene
lemoen
Afbreking: le•moen
Uitspraak: /ləˈmun/


Selfstandige naamwoord: lemoen
Meervoud: lemoene
Verkleinwoord: lemoentjie
Meervoud van verkleining: lemoentjies

Betekenis:
• 'n Ronde sitrusvrug met soet sap en 'n oranje skil, Citrus sinensis.

Gebruik:
Lemoene kan vars geëet word, of vir sap of selfs sy geurige skil verwerk word.

Sinoniem:
• soetlemoen

Afgelei:
• lemoenblaar
• lemoenbloeisel
• lemoenboom
• lemoenboord
• lemoenhout
• lemoenkonfyt
• lemoenpit
• lemoensap
• lemoenskil
• lemoenskyf

Vertaling:
Engels: orange
Nederlands: sinaasappel, appelsien
Venda: swaramula, swiri
Xhosa: iorenji
Zoeloe: iolintshi, iwolintshi, iorintshi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lelik
Volgende onderwerp: lepel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 21:07:04 UTC 2024