laerskool [boodskap #128613] |
Sun, 08 December 2019 12:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
laerskool
Afbreking: laer•skool
Samestelling: laer + skool
Selfstandige naamwoord: laerskool
Meervoud: laerskole
Verkleinwoord: laerskooltjie
Meervoud van verkleining: laerskooltjies
Betekenis:
• Skool wat onderrig aan jong kinders op primêre vlak aanbied (tipies graad 1 tot 7, of graad 1 tot standerd 5).
Gebruik:
• Ek gaan volgende jaar laerskool toe.
• Na suksesvolle voltooiing van graad 7 (St. 5) by 'n laerskool moet die kind by 'n hoërskool ingeskryf word om die res van sy verpligte skoolloopbaan voort te sit.
Antoniem:
• hoërskool
Afgelei:
• laerskooldae
• laerskooljare
• laerskoolkind
• laerskoolleerling
Vertaling:
Engels: primary school
Nederlands: basisschool
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|