kunstenaar [boodskap #128606] |
So, 08 Desember 2019 08:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kunstenaar
Afbreking: kuns•te•naar
Selfstandige naamwoord: kunstenaar
Meervoud: kunstenaars, kunstenare
Verkleinwoord: kunstenaartjie
Meervoud van verkleining: kunstenaartjies
Betekenis:
• Persoon met kreatiewe talent wat kuns beoefen; iemand wat mooi musiek, skilderye, beelde, ens. maak.
Gebruik:
• Pierneef het gedurende sy lewe al hoë aansien as kunstenaar geniet.
Antoniem:
• kunstenares (vroulik)
Afgelei:
• grimeerkunstenaar
• redekunstenaar
• straatkunstenaar
• toneelkunstenaar
• verhoogkunstenaar
• voordragkunstenaar
• vryvalkunstenaar
• woordkunstenaar
Vertaling:
Engels: artist
Nederlands: kunstenaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|