kompartement [boodskap #128582] |
Sa, 07 Desember 2019 06:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kompartement
Afbreking: kom•par•te•ment
Selfstandige naamwoord: kompartement
Meervoud: kompartemente
Verkleinwoord: kompartementjie
Meervoud van verkleining: kompartementjies
Betekenis:
• 'n Kamertjie op 'n trein waarin mense sit.
• 'n Afdeling waarin iets onderverdeel is.
Gebruik:
• Hy koop 'n kaartjie vir die derdeklas kompartement.
• Die dwelms is in 'n versteekte kompartement in 'n vragmotor gevind.
Afgelei:
• kompartementsindroom
Vertaling:
Engels: compartment
Nederlands: compartiment
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|