maanhaarjakkals [boodskap #128579] |
Sa, 07 Desember 2019 06:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
maanhaarjakkals
Afbreking: maan•haar•jak•kals
Samestelling: maanhaar + jakkals
Uitspraak: /ˈmɑːnɦɑːrˌjɑkɑɫs/, /ˈmɑnɦɑːrˌjɑkɑɫs/
Selfstandige naamwoord: maanhaarjakkals
Meervoud: maanhaarjakkalse
Verkleinwoord: maanhaarjakkalsie
Meervoud van verkleining: maanhaarjakkalsies
Betekenis:
• Wolfagtige nagdier met lang, donker maanhare en dik behaarde stert wat tans as 'n hiëna geklassifiseer word (Proteles cristatus).
Gebruik:
• Die maanhaarjakkals is 'n weerlose dier wat, anders as ander hiënas wat veral gewerweldes vreet, hoofsaaklik van termiete leef.
Sinoniem:
• aardwolf
• erdwolf
• ghaip
• ghei
• gheip
• gheipjakkals
• ghie
• ghiep
• ghob
• neip
• naderoe
• nadroe
• nadroejakkals
• weerwolf
Vertaling:
Engels: maanhaar-jackal, maned jackal
Nederlands: aardwolf
Zoeloe: isingci
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|