Leksikograaf Boodskappe: 26735 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Kok.kok
Afbreking: kok
Selfstandige naamwoord: kok
Meervoud: kokke, koks
Verkleinwoord: kokkie
Meervoud van verkleining: kokkies
Betekenis:
• 'n Persoon wat voedsel tot 'n maaltyd voorberei.
• Iemand wie se beroep dit is om kos te maak en in 'n restaurant of ander eetplek kook.
Gebruik:
• Ons het heerlik geëet. Komplimente aan die kok!
• Sy het as kok op 'n passasierskip gewerk.
Spreekwoord:
• Skraalhans is vandag die kok. [Daar is vandag min om te eet.]
• Honger is die beste kok. [Vir iemand wat honger is, smaak alles lekker.]
• Te veel koks bederf die bry. [Meer mense lewer nie noodwendig beter werk nie.]
• As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly. [Wanneer twee samesweerders baklei, openbaar hulle mekaar se geheime.]