koevert [boodskap #128572] |
Do, 05 Desember 2019 18:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koevert
Afbreking: koe•vert
Selfstandige naamwoord: koevert
Meervoud: koeverte
Verkleinwoord: koevertjie
Meervoud van verkleining: koevertjies
Betekenis:
• Omslag (houer van papier) waarin briewe geplaas word voordat dit gepos word.
Gebruik:
• Skryf die adres voor en die keeradres agter op die koevert, plak 'n seël op en gooi dit in die posbus.
Sinoniem:
• briefomslag
Vertaling:
Engels: envelope
Nederlands: envelop, briefomslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|