Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spyker
spyker [boodskap #128557] Di, 03 Desember 2019 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hamer met 'n spyker.
'n Hamer met 'n spyker.
spyker
Afbreking: spy•ker
Uitspraak: /ˈspəi̯.kər/


Selfstandige naamwoord: spyker
Meervoud: spykers
Verkleinwoord: spykertjie
Meervoud van verkleining: spykertjies

Betekenis:
• 'n Pennetjie van metaal waarmee voorwerpe deur deurboring aan mekaar geheg word.
• (plat) Die seksdaad tussen individue.

Gebruik:
• Hy is so onhandig, hy kan nie eers 'n spyker in 'n stuk hout kap nie!

Spreekwoord:
• Hy het vir elke gat 'n spyker. [Altyd 'n antwoord reg hê.]
• Hy slaan die spyker op die kop. [Hy sê net die regte ding.]
• Dit is die spyker in die doodskis. [Iets wat iemand se dood verhaas.]
• Ek is so honger dat ek 'n spyker se kop kan afbyt. [Doodhonger.]

Afgelei:
• duimspyker
• halfduimspyker
• spykerskrif
• spykervormig

Vertaling:
Engels: nail
Nederlands: spijker
Sotho: sepekere


Werkwoord: spyker
Verlede tyd: het gespyker

Betekenis:
• Met 'n spyker heg; met 'n spyker inkap of vaskap.
• (plat) Omgang hê.

Gebruik:
• Hy spyker sy besware teen die deur vas.

Vertaling:
Engels: to nail
Nederlands: spijkeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skaamteloos
Volgende onderwerp: spieël
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 11:26:26 MGT 2024