Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koei
koei [boodskap #128554] Ma, 02 Desember 2019 05:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Koei met haar kalf.
'n Koei met haar kalf.
koei
Afbreking: koei
Uitspraak: /kui/


Selfstandige naamwoord: koei
Meervoud: koeie
Verkleinwoord: koeitjie
Meervoud van verkleining: koeitjies

Betekenis:
• 'n Vroulike bees (soogdier wat gras vreet en melk voorsien).
• Die vroulike dier of wyfie van 'n olifant, renoster, seekoei, koedoe, walvis, ens.

Gebruik:
• Die boer melk elke oggend sy koei.
• Die trop koedoes bestaan uit twee bulle, vyf koeie en 'n paar kalfies.

Spreekwoord:
• 'n Mens kan die koei die bulk nie belet nie. [Die natuur kan nie onderdruk word nie.]
• Nie so groen wees dat 'n koei jou sal opvreet nie. [Nie so dom as wat ander dink nie.]
• 'n Mens noem nie die koei bont as daar nie 'n vlekkie aan is nie. [Daar is nie 'n praatjie sonder 'n oorsaak nie.]
• As iemand jou prosedeer vir jou koei, gee die kalf daarby. [As iemand hof toe gaan, ly hy skade, al wen hy die saak.]
• Dis nie die koei wat die hardste bulk wat die meeste melk gee nie. [Dis nie grootste prater wat die meeste doen nie.]

Antoniem:
• bul

Vertaling:
Engels: cow
Nederlands: koe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kode
Volgende onderwerp: onkruiddoder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 12:09:21 MGT 2024