Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kode
kode [boodskap #128553] Ma, 02 Desember 2019 05:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kode
Afbreking: ko•de
Uitspraak: /ˈkuə̯də/


Selfstandige naamwoord: kode
Meervoud: kodes

Betekenis:
• Versameling van ooreengekome woorde en tekens wat 'n sin of sinsgedeelte verkort of vir vyandige persone onverstaanbaar maak.
• Reëls en prosedures wat deur beroepslui en bepaalde sosiale kringe as handelings- en gedragsvorm aanvaar word.
• (rekenaarwetenskap) Die instruksies van 'n program.

Gebruik:
• Die kode ZAR word algemeen vir Suid-Afrika gebruik. Alan Turing het die Duitse Enigma-masjien se kode ontsyfer.
• Diegene wat die skool se dissiplinêre kode oortree sal swaar gestraf word.
• Die programmeerder het sy kode vir 'n reusagtige bedrag verkoop.

Afgelei:
• gedragskode
• kodeboek
• kodeer
• kodeerder
• kodenommer
• kodeslot
• kodestelsel
• kodetaal
• kodetelegram
• kodewoord
• kodifiseer (ww.)
• landkode
• poskode
• Morse-kode

Vertaling:
Engels: code, cipher
Nederlands: code

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: knop
Volgende onderwerp: koei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 11:56:26 MGT 2024