Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knop
knop [boodskap #128552] Ma, 02 Desember 2019 05:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
knop
Afbreking: knop


Selfstandige naamwoord: knop
Meervoud: knoppe
Verkleinwoord: knoppie
Meervoud van verkleining: knoppies

Betekenis:
• Iets wat min of meer rond is en bo 'n plat oppervlak uitstaan.
• (plantkunde) Plek waar 'n nuwe uitloper, blaar of blom aan 'n plant begin groei.
• (tegniek) Meganisme om 'n apparaat aan en af te skakel.

Gebruik:
• Hy het 'n knop op sy kop waar hy homself gestamp het.
• Die rose is vol knoppe en sal binnekort begin blom.
• Druk die groen knop.

Afgelei:
• knieknop
• knopkop
• knop-in-die-keel

Vertaling:
Engels: knob, bump, lump; buf, node; button, switch
Nederlands: knop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pompeus
Volgende onderwerp: kode
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 11:30:24 MGT 2024