verwant [boodskap #128547] |
So, 01 Desember 2019 08:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwant
Afbreking: ver•want
Uitspraak: /fərˈvɑnt/
Byvoeglike naamwoord: verwant
Attributief: verwante
Betekenis:
• Wat 'n gedeelde herkoms het; deur familiebande aan mekaar verbonde is.
• (figuurlik) Wat op een of andere wyse met mekaar verband hou.
Gebruik:
• Hulle lyk baie na mekaar, is hulle verwant?
• Ja, hulle is baie ver langs verwant.
Antoniem:
• onverwant
Hiponiem:
• bendeverwant
• bloedverwant
• geloofsverwant
• markverwant
• naverwant
• stamverwant
• sielsverwant
Vertaling:
Engels: related
Nederlands: verwant
Selfstandige naamwoord: verwant
Meervoud: verwante
Betekenis:
• Iemand met wie mens familiebande het.
Gebruik:
• Ná die moord op koning Fruela van Asturië word 'n verwant, Aurelius koning.
• Hy en sy verwante is tydens die revolusie vermoor.
Sinoniem:
• familielid
Vertaling:
Engels: kindred, allied
Nederlands: verwant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|