suurmelk [boodskap #128541] |
Sat, 30 November 2019 14:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
suurmelk
Afbreking: suur•melk
Samestelling: suur + melk
Selfstandige naamwoord: suurmelk
Meervoud: suurmelke
Verkleinwoord: suurmelkie
Meervoud van verkleining: suurmelkies
Betekenis:
• Melk wat suur geword het of vir 'n doel suur gemaak is.
Gebruik:
• Moenie altyd suurmelk weggooi nie; daar is resepte waarvoor mens melk suur moet maak.
• Maas is gereg wat van suurmelk en sorghum gemaak word.
Verwant:
• dikmelk
• karringmelk
• kês
Afgelei:
• suurmelkkaas
Vertaling:
Engels: sour milk
Nederlands: zure melk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|