Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Klaasvaak
Klaasvaak [boodskap #128532] Thu, 28 November 2019 06:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Klaasvaak
Afbreking: Klaas•vaak
Samestelling: Klaas + vaak


Selfstandige naamwoord: Klaasvaak
Meervoud: Klaasvakie

Betekenis:
• Mitiese wese wat mense laat slaap deur magiese sand in hul oë te strooi en hulle soete drome laat droom.
• Persoon wat pas opgestaan het en nog slaap in sy oë het.

Gebruik:
• Die kleintjie het klaar geëet en aan die knip-knip van sy ogies kan 'n mens sien dat Klaasvaak in aantog is.
• Goeie môre Klaasvakie, het jy lekker geslaap?

Wisselvorm:
• Klaas Vaak

Vertaling:
Engels: Sandman
Nederlands: Klaas Vaak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kabeljou
Volgende onderwerp: gebaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 22:25:18 UTC 2024