onthou [boodskap #128529] |
Wed, 27 November 2019 19:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onthou
Afbreking: ont•hou
Uitspraak: /ɔntˈɦœu̯/
Werkwoord: onthou
Verlede tyd: het onthou
Teenwoordige deelwoord: onthoudende
Betekenis:
• Nie vergeet nie maar in jou kop bly; in die geheue bewaar of oproep.
• Iets bewustelik nie doen nie, hoewel daar 'n wens of behoefte daarna is; weerhou.
Gebruik:
• 'n Olifant onthou alles. Die ou oom kan nie meer so goed onthou nie.
• Hy onthou homself van drank.
Spreekwoord:
• Ek onthou dit soos die dag van gister. [Baie goed.]
Antoniem:
• vergeet
Vertaling:
Engels: to remember, recollect, recall; to withhold from, keep from
Nederlands: onthouden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|