opeet [boodskap #128528] |
Wed, 27 November 2019 19:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opeet
Afbreking: op•eet
Samestelling: op + eet
Uitspraak: /ˈɔp.ɪə̯t/
Werkwoord: eet op, opeet
Verlede tyd: het opgeëet
Teenwoordige deelwoord: opetende
Betekenis:
• Alles klaar eet; eet tot alles op is.
Gebruik:
• Hy het meer ingeskep as wat hy kan opeet.
Spreekwoord:
• Alles vir soetkoek opeet. [Alles glo wat iemand vir jou vertel.]
• Sy hoed opeet as dit so is. [Heeltemal seker wees van iets.]
Vertaling:
Engels: to eat up, finish; to devour, consume
Nederlands: opeten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|