Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kluisenaar
kluisenaar [boodskap #128524] Wed, 27 November 2019 16:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kluisenaar.
'n Kluisenaar.
kluisenaar
Afbreking: klui•se•naar
Uitspraak: /ˈklœi̯.səˌnɑːr/


Selfstandige naamwoord: kluisenaar
Meervoud: kluisenaars
Verkleinwoord: kluisenaartjie
Meervoud van verkleining: kluisenaartjies

Betekenis:
• Iemand wat alleen en in afsondering leef.

Gebruik:
• Leef u soos 'n kluisenaar en is dit miskien so dat u dit verkies om so op u eie te leef, gelukkig en tevrede met u eie geselskap?

Sinoniem:
• hermiet

Afgelei:
• kluisenaarkreef
• kluisenaarsbestaan
• kluisenaarshut
• kluisenaarskrap
• kluisenaarskreef
• kluisenaarslewe

Verwant:
• alleenloper

Vertaling:
Engels: anchorite, hermit
Nederlands: kluizenaar, heremiet

Nota:
• Die woord "kluisenaar" beteken letterlik "iemand wat in 'n kluis woon". Die woord is al in Middelnederlands opgeteken as "clusenare".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoeka
Volgende onderwerp: stug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 21:37:02 UTC 2024